Elvis se Seun optrede en musiekvideo in Ellisras

Die legende leef voort...

Elvis mag dalk die gebou verlaat het, maar die gerugte oor sy misterieuse seun wat sy pa se kenmerkende stem en opwindende dansbewegings geërf het, wil maar net nie gaan lê nie...

Meer as dertig jaar na Elvis Presley se dood, daag ʼn splinternuwe Afrikaanse musiekgroep op wat dieselfde tipe musiek maak as die koning van ruk en rol, maar in Afrikaans. Is dit dalk waarlik Elvis se seun wat nou sy opwagting in Suid-Afrika maak?

Daar’s net een manier om uit te vind; kom luister maar self na Elvis se Seun by Elephant Bull Sports Bar, Saterdag, 7 April, 7nm.
Read more